Inligtingswette

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI):

Die POPIA-Handleiding verskaf die riglyne om aan die agt wetlike voorwaardes te voldoen ten einde te verseker dat daar met sorg omgegaan word met persoonlike inligting. Hierdie handleiding is by die kerkkantoor ter insae.

Die Wet maak ook voorsiening dat daar ter enige tyd aangevra kan word watter persoonlike inligting daar van ’n lidmaat gehou word en skryf voor hoe daar gevra kan word om dit te wysig of te vernietig.

Die volgende dokumente is van toepassing:

  1. Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI)
  2. Vorm 1: Beswaar teen verwerking van persoonlike inligting
  3. Vorm 2: Versoek om regstelling of skrapping van persoonlike inligting of vernietiging  of skrapping van rekord van persoonlike inligting
  4. Vorm 4: Aansoek om die toestemming van ’n datasubjek vir die verwerking van persoonlike inligting vir die doel van direkte bemarking
  5. POPIA_Handleiding_V2
  6. Aanhangsel A
  7. Aanhangsel B
  8. Aanhangsel C
  9. Inligtingsbeleid

Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000 (PAIA):

Volgens die Wet moet elke privaatliggaam (en dus ook elke gemeente, ring en sinode) by die Menseregtekommissie registreer en ‘n inventaris op datum hou van alle inligtingsdokumente in besit van die instansie. Die Kerkargief is namens die gemeentes, ringe en sinodes van die NG Kerk geregistreer as verantwoordelike instansie om almal se inventarisse op datum te hou.

Dokumente wat betrokke is by ‘n aansoek om inligting in terme van hierdie Wet:

  1. Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000 (PAIA)
  2. Vrystelling
  3. PAIA Handleiding
  4. Die Kerkorde
  5. Kostebeleid vir die versoek van inligting
  6. Vereiste tydperk vir die bewaring van rekords
  7. Vorm C

Dokumente van die Menseregtekommissie

  1. Webblad van die Menseregtekommissie: http://www.sahrc.org.za/
  2. PAIA pamflet
  3. Jou Regte (volgens die Menseregtekommissie)