SKAKEL IN

Dit is vir ons belangrik om ‘connected’ te wees met mekaar en te verdiep in ons verhouding met die Here. Ons is ‘n geloofsfamilie en wil graag ‘n plek wees waar alle mense kan tuis kom. Ons het ‘n verskeidenheid plekke waar dit kan plaasvind.

KINDERKLEINGROEPE

KRUISCONNECT

KOSHUISBEDIENING

BELYDENISGROEP

Jou belydenisaflegging is ‘n geleentheid op jou geloofsreis waar ons saam met ons geloofgemeenskap besef hoe lief God ons het en ons dan ook kies om hierdie liefde met ope arms te aanvaar en sodoende ‘n volgeling van Jesus Christus te wees.

Ons belydenisgroep is meestal ‘n groep Graad 11 dogters en seuns wat saam wonder, worstel en gesels oor die God wat ons lief het. Ons vorm ook ‘n ondersteuningsgroep vir mekaar, waar ons kan veilig voel om ons eie geloofsreise met mekaar te kan deel.

Ons belydenisgroep kom elke Dinsdagaand by die kerksaal (langs Toringkerk) bymekaar om 19:00.

Die belydenisinskrywingsvorm kan hier afgelaai word.

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected]

JONG VOLWASSENES

Jong volwassenes tussen die ouderdomme van 19 en 40 jaar skakel in by verskeie opwindende geleenthede. Dit is vir ons eerstens belangrik dat ons deel vorm van ‘n kleingroep, waar ons op ‘n gereelde basis by mekaar kan uitkom.

Gedurende die jaar word daar verskeie geleenthede geskep waar verhoudinge met mekaar gebou kan word, asook mekaar op ‘n geestelike en spirituele vlak kan bedien.

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected]

KUIER EN KLETS (60+)

Kuier en Klets is ‘n groep van 60 plussers, wat op ‘n maandelikse basis verskillende insiggewende en interessante byeenkomste reël om saam by te woon en te geniet. Ons daag onsself gereeld uit om meer te speel en te lag. Ons word ook elke keer herinner dat ons nooit te oud is om iets nuuts wys te word nie.

Ons nooi jou uit om deel te word van hierdie groep, waar ons saam leer, saam lag en saam groei!

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected].

KLEINGROEPE

Dit is vir ons belangrik om geleenthede te skep waar ons as gemeentelede mekaar kan ondersteun. Dit gebeur in kleingroepe. Dit is een van die effektiefste manière om deel van die gemeente tuis te kom.

As jy wil deel word van ‘n reeds bestaande kleingroep of ‘n nuwe groep wil begin, kontak gerus vir [email protected]

NUWE LIDMATE

Nuwe lidmate moet asb vrymoedig voel om kontak te maak met die Toringkerkspan. Ons verwelkom graag nuwe lidmate na afloop van ons erediens by die informasie tafel in die voorportaal. Dit is vir ons heerlik om jou in die Paarl-gemeenskap as familie te verwelkom. Kom tuis.

Die lidmaatskap vorm kan hier afgelaai word.

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected][email protected] of [email protected].

DOOP & NAGMAAL

MUSIEKBEDIENING

Toringkerk het een van die mooiste orrels in die land en ons begeleier, Mario Nell is ‘n dinamiese en briljante musikant wat verskeie style van aanbidding trou om dit vars en relevant te hou. Ons meng graag ons style by Toringkerk waar die orrel en musiekgroep in ‘n wisselwerking met mekaar tree om die Here te loof en te prys.

Ons benodig gereeld mense wat ‘n gawe het om te sing, musiekintstrumente te bespeel, te help met die klankbord en om die rekenaar tydens eredienste te hanteer. Daar is elke tweede week musiekgroep oefening. Ons glo dat die kerk die metafoor van die liggaam is soos Paulus verwoord in 1 Korintiërs 12. Die liggaam staan soos ‘n eenheid saam om die Koninkryk te bou deur die verskeie gawes wat beskikbaar is.

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected]