KRUISCONNECT

KruisConnect is Toringkerk se tienerkleingroep vir tieners vanaf Graad 7 tot 11. Ons is ‘n groep tieners wat saam ‘n geloofspad stap, saam gesels oor die Bybel en mekaar ondersteun oor verskeie kwessies in ons lewens. Ons delf dieper, daag mekaar uit en geniet die avontuur van die lewe. Ons moedig ouers ook aan om gesprekke verder te neem by die huis; die oorsprong van ons geloofsvorming.

Wanneer?
Elke Sondag na die erediens, kry ons mekaar by die KruisConnect Kamer, in die Klein Toring Saal. Toringkerk het geen afnaweke in die kwartaal vir die tieners nie, so die tieners bediening gaan voort.

Ouderdomme?
Graad 7 – Graad 11

Tye?
Somer (Oktober – Maart):
Eredienste begin 9h00, dus maak ons 11h00 klaar.

Winter (April – September):
Eredienste begin 9h30, dus maak ons 11h30 klaar.

Die KruisConnect inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected]