GEE

Ons kry elke dag geleentheid om te kies hoe ons die gawes wat die Here ons gegee het gaan gebruik as rentmeesters in hierdie wêreld. By Toringkerk gee ons op verskillende maniere. Weeklikse dankoffers, deurkollekte, aftrekorders en tiendes is een van die maniere om dit te doen.

DANKOFFERS

 Wat sê die Bybel?
“As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, die help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig.”
2 Korintiërs 8:12-14

“Wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het”.
1 Korintiërs 29:14

“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief”.
2 Korintiërs 9:7

“Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. Julle gawe is voor God ‘n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens Sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.”
Filipense 4:17,19

Waarom dankoffers?

  • Jy sê so dankie.
  • Jy leer om van God afhanklik te lewe.
  • Jy belê in God se koninkryk en word ‘n vennoot daarin.
  • In ‘n individualistiese wêreld en kultuur, het ons mekaar die nodigste.

Hoe kan ek my dankoffers gee?

  • Ons moedig lidmate aan om deur die gee van ‘n gereelde dankoffer deel te wees van die bediening van die gemeente en die uitleef van ons visie.
  • Daar is koeverte in die voorportaal van die kerk wat jy in die dankoffer mandjie kan plaas.
  • ‘n Gereelde elektroniese oorbetaling kan gedoen word.
  • Reëlings vir ‘n gereelde aftrekorder kan met die bank gemaak word.
  • Jy kan ook gebruik maak van ons SnapScan kode.

Op die eerste Sondag in Junie vier die gemeente ons Dankofferfees.

Die hele maand van Junie is Dankfeesmaand en lidmate word aangemoedig om ‘n spesiale dankoffer dan te gee.

BANKBESONDERHEDE

NG Gemeente Toringkerk
ABSA Paarl
Takkode: 632005
Rek nom: 400590176
E-pos aan: [email protected]

ZAPPER

Indien jy verkies om betalings deur middel van Zapper te doen, voel vry om hierdie platform ook te gebruik.