OMGEE

Ons omgee-bediening is gegrond in die interafhanklike, wedersydse omgee wat ons vir mekaar het in Christus. Ons interafhanklikheid beweeg elkeen van ons op so ‘n manier om ondersteuning te kan gee, maar dit ook te kan ontvang.

DIVORCECARE

DivorceCare is ‘n kursus om persone te begelei in die herstel na egskeiding. Hierdie kursus is daarop gemik om persone wat deur hierdie ervaring worstel, by te staan en te ondersteun. Die kursus bestaan uit sewe weeklikse en word herhaaldelik deur die jaar aangebied.

Gaan lees gerus verder oor hierdie kursus op die volgende webtuiste: https://www.divorcecare.org/

By Toringkerk word hierdie kursus aangebied deur persone wat reeds self hierdie kursus bygewoon het. Die kursus word aangebied op kleinskaal en vorm die groep ook deel van jou eie ondersteuningsgroep in jou proses tot genesing.

Indien jy belangstel om in te skakel by hierdie kursus, kontak gerus vir [email protected]

GRIEFSHARE

GriefShare is ‘n kursus om persone te begelei in die reis tot genesing na die verlies van ‘n geliefde.  Die program trap deur onderwerpe van vertroosting, moeilike vrae en die ontdekking van nuwe hoop en geloof. Ons glo dat ons deel vorm van die liggaam van Christus en dat dit nie so bedoel is om alleen deur ‘n rouproses te gaan nie. Die kursus bestaan uit sewe weeklikse en word herhaaldelik deur die jaar aangebied.

Gaan lees gerus verder oor hierdie kurses op die volgende webtuiste: https://www.griefshare.org/

By Toringkerk word hierdie kursus aangebied deur persone wat reeds self hierdie kursus bygewoon het. Die kurses word aangebied op kleinskaal en vorm die groep ook deel van jou eie ondersteuningsgroep in jou proses tot genesing.

Indien jy belangstel om in te skakel by hierdie kursus, kontak gerus vir [email protected]

HUWELIKSKURSUS

Die realiteit vandag is dat huwelike onder baie druk verkeer. Gevolglik ly gesinne daaronder. ‘n Florerende huwelik is ‘n noodsaaklike hoeksteen vir gelukkige kinders en ‘n gesonde gesin.

Vir die afgelope twee jaar het VitaAmp huweliksverreikende kursusse kom aanbied by die gemeente. Enkellopendes, paartjies, verloofdes en getroudes woon hierdie kursusse by, om sodoende verhoudinge te herstel of verhoudinge verder te laat groei en floreer.

Daar word jaarliks ‘n huweliksverreikende kursus aangebied by Toringkerk, gedurende die eerste naweek van September.

Indien jy belangstel in hierdie kursus of meer inligting hieroor wil hê, kontak gerus vir [email protected]

PASTORALE SORG

Elkeen van die predikante is daar om lidmate te besoek. Predikante van Toringkerk is mede-reisigers en doen graag huisbesoeke. Weens kapasiteit en die grootte van die gemeente is die predikante nie altyd in staat om by almal uit te kom nie.

Ons wil jou aanmoedig om die vrymoedigheid te hê om die predikante direk te kontak, of die kerkkantoor, indien jy van iemand weet wat deur ‘n moeilike tyd gaan of ‘n besoek van ‘n predikant sal waardeer. Moenie aanvaar dat die predikante reeds weet nie, dikwels is dit dalk (nog) nie die geval nie.

Kontak ook die predikante gerus direk indien jy self ‘n behoefte het aan ‘n gesprek, besoek of gebed. Dit sal vir die predikante ‘n voorreg wees om ‘n gedeelte van jou reis met die Here, saam met jou te loop.

Kontak gerus vir [email protected] of [email protected]