Toringkerk familie en mede-gelowiges, Luister die volgende liedere voor jy verder gaan. Kliek op die blou ‘link’ om die musiekvideo te kyk. 1) Leer my U wil + Wees stil en weet (LB 528 + 519) https://m.youtube.com/watch?v=FMKZGL8… 2) It is well with my soul https://m.youtube.com/watch?v=zY5o9mP… Hou ‘n kers en vuurhoutjies naby. Haal diep asem en bid hierdie gebed as gemeente saam.
Gebed:
Kom, O Lig, en Verlig die duister in my 
Kom, O Lewe, en wek my uit die dood. 
Kom, groot Geneesheer, en heel my wonde. 
Kom, Vuur van Goddelike Liefde, en verteer my sonde 
Kom, my Koning, kom sit op die troon van my hart en regeer my lewe, 
Want U alleen is my Koning en my Heer! 
Druk ‘play’.
Amen
 
			
					