Toringkerk-familie en mede-gelowiges,

Op Goeie Vrydag verlang ons om liedere soos ‘Middelpunt van ons verlange’ en ‘Hoor jy die paasfeesklokke?’ saam met die musiekgroep uit volle bors te sing.

Darem weet ons dat die klanke en musiek van Jesus nooit uitgedoof kan word nie – selfs nie eers deur die dood nie.

Voor julle verder gaan, bid die Lied 384:

Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.
Jesus, o dink aan my wanneer U, Heer, in u ryk kom.

Luister die volgende lied wanneer Jana dit aanbeveel tydens die erediens-video:

1) Give Me Jesus (Stellenbosch Universiteitskoor)

Druk ‘play’

Amen