Liewe mede-gelowige,

Vandag lees ons uit Romeine 8:12-17.

Omdat ons Sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader! Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.

Gaan dan nou en leef as kind en erfgenaam van die Drie-enige God.

Gaan maak koffie en kom kyk saam.

Kom tuis in jou huis, die kerk.