Toringkerk-familie en mede-gelowige,

Steek die kers van Christus se teenwoordigheid nou aan.

Dink by jouself of deel met mekaar:

Waar het jy hierdie week die Lewende Here beleef?

Dalk deur ‘n oproep, epos, ‘n beeld of iets wat jy in die tuin gesien het. Dalk het jy vêr gevoel van die Here af hierdie week. Dit is ook okay – erken hierdie gedagtes en wees verseker dat die Here saam met jou wandel.

Lees Daniël 10:12

Moenie bang wees nie, Daniël, want van die eerste oomblik af dat jy jou ingespan het om insig te kry en jy jou voor God verootmoedig het, is jou gebede verhoor. Ek het gekom in antwoord op jou gebede.

2 Konings 3:17

So sê die Here: Daar sal damme en damme water in hierdie vallei staan. Kyk, so sê die Here: Julle sal nie wind of reën sien nie, en tog sal hierdie vallei vol water word, sodat julle en julle slagvee en julle pakdiere kan drink.

Wat beteken hierdie tekste vanoggend vir jou? Ons dien ‘n God van liefde wat uitreik, beskerm, vertroos en sorg sodat selfs die vee en diere water kry om te drink.

Fluister hierdie woorde 3-keer vir jouself:

“Ek is Jesus se geliefde dogter/ seun, Hy verheug Homself oor my”

Sing saam:

Manne (mense) wat glo – Mosterdsaad
https://www.youtube.com/watch?v=XhTws…

Neem my lewe laat die Heer
https://www.youtube.com/watch?v=tKf6g…

Druk “Play”

* Fout: Die luiperd het iewers in Suid Afrika geloop – nie Jonkershoek nie. Sommiges spekuleer in die Knysna woud.

*Dankie: Jacques Leach vir die pragtige ‘drone’ video.