Liewe Toringkerk familie en mede-gelowige,

kom tuis in jou huis, die kerk. Volg die kort liturgie voor jy na die boodskap luister.

Wat hoor jy vanoggend by hierdie woorde?

“Liewer net ‘n bietjie groente en liefde daarby as ‘n vetgemaakte os en haat daarby”
–  Psalm 15:17

Steek ‘n kers aan:

As die kers liggie brand onthou dat Jesus se liefde alles oortref. Bonhoeffer het immers gesê: “Seek God not happiness”. As jy eerste vir God koester, sal geluk volg.

Aanbiddingsliedere:

Soos ‘n Wildsbok (Lied 163):
https://www.youtube.com/watch?v=V52sn…

Ek sal nie bang wees nie (Joe Niemand):
https://www.youtube.com/watch?v=W5686…

Bid saam: Lied 159 God is hier teenwoordig

(As jy hierdie gebed bid raak bewus dat jou huis die heilige kerk raak en dat jy saam met die Drie Enige God tuis is. Hulle sit saam met jou vanoggend.)

God is hier teenwoordig.
Here, gee ons vrede,
wees ons genadig, wil vergewe.
Ons is swak en sondig, maar ons lied verkondig:
U’s die bron van alle lewe.
U is Heer, U regeer.
Lei ons al ons dae
na U welbehae.

Druk ‘play’.

Amen