Liewe Toringkerk-familie en mede-gelowiges,

Geniet die erediens saam met ons.

Hier is die resep vir hierdie week.

BROODRESEP:
775g volkoringmeel (6 koppies)
200g hawermout (2 ½ koppies)
70g sagte bruinsuiker (6 eetlepels)
10ml sout (2 teelepels)
1 liter karringmelk (4 koppies)
15ml koeksoda (1 eetlepel)

Verhit die oond tot 180 grade. Smeer twee broodpanne, elk met ‘n volume van 1,5 liter.
Meng die volkoringmeel, hawermout, bruinsuiker en sout.
Meng die karringmelk en koeksoda en voeg dit by die meelmengsel.
Roer alles saam tot goed gemeng.

Skep die deeg in die panne en maak dit gelyk. Bak die brode ongeveer ‘n uue lank tot gaar. Keer dit op ‘n draadrak uit om aft e koel.

Geniet die brood aan tafel, saam met jou gesin, jou vriende, jou mede-mens en die Rabbi.