KOSHUISBEDIENING
Huis Theo Pauw, Hoërskool Labori
Huis Theo Pauw is die seunskoshuis van Hoërskool Labori in die Paarl. Op Dinsdagaande besoek die koshuis Toringkerk, waar ons Tieneraande hou met die seuns, asook ander skole se koshuise. Verskeie onderwerpe van die Bybel en die lewe word saam bespreek, waar die seuns dan ook geleentheid kry om met ander jongmense te meng en saam die Here te loof en prys. Hier word daar ook op leierskapsvaardighede gefokus, om sodoende die seuns te bemagtig om die vrymoedigheid te hê om as geestelike leiers op te tree in hul koshuis, skool asook die lewe buite skool.
Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir Stefan by jeug@toringkerk.co.za
Huis Kalahari Visser, Paarl Gimnasium
Huis Kalahari Visser is die gemengde Graad 8 koshuis van Paarl Gimnasium. Hierdie Graad 8’s kom elke Dinsdagaand na die Toringkerk vir opwindende Tieneraande. By hierdie geleenthede fokus ons daarop om die Evangelie van Jesus op verskeie wyses met die tieners te deel. Ons sing saam, luister saam, gesels saam en groei saam.
Indien jy verder betrokke wil word of meer wil weet, kontak gerus vir Stefan by jeug@toringkerk.co.za