GROEI SAAM
Ons neem mede-verantwoordelikheid vir ons elkeen se geestelike groei en verdieping, sodat ons ook die vrugte van die gees in ons daaglikse lewe kan uitleef.
BYBELSKOOL
Ons is opgewonde om hierdie kwartaal ‘n boek van Richard Forster, Life with God, saam te lees en te bespreek by Toringkerk. Daar is twee geleenthede vir deelneem, albei op Dinsdae, en die gespreksgroepe kom of Dinsdagoggende om 10:30-11:30 óf Dinsdagaande om 18:30-19:30 bymekaar.
Die boek help ons om die Bybel te leef en nie net te lees nie.
Ons begin Dinsdag 11 Februarie in die konsistorie (in die kerk).
Kontak vir Peet vir meer inligting by peet@toringkerk.co.za
STILWORDGELEENTHEDE
In ‘n lewe van vroeg opstaan, besige kalenders, skool, werk, huiswerk en oortyd werk, vind ons dat die verlange na stilword nie net ‘n dringende behoefte is nie, maar ook ‘n noodsaaklike geloofsgewoonte behoort te wees. Ons stilworddienste duur slegs 30 minute, waar hierdie kort geleentheid ‘n kontemplatiewe styl aanneem.
Ons wil hiermee rustig word, stil word en kans gee dat ons weer bewus word van die teenwoordigheid van die Here.
Die Stilwordgeleentheid vind die eerste Woensdag van elke maand plaas in die kerk.
Indien jy enige verdere inligting benodig of wil gesels oor geloofsgewoontes, kontak gerus vir jana@toringkerk.co.za.