WILLEM VAN DER COLFF

Willem van der Colff en sy gesin is aktiewe en passievolle volgelinge van Jesus wat werk in Ukraine. Willem is aktief betrokke met kampe en bedieninge aan vlugtelinge.

Hierdie gesin glo dat hul opdrag baie duidelik aan hulle gegee is en leef hul dus hul roeping prakties uit.

“Ons Christenskap vloei uit ons persoonlike verhouding met die Drie-enige God, wat ons sy Groot Opdrag gegee het.

“Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

(Evangelie van Matteus 28:18-20)

Juis deur gehoorsaamheid aan hierdie opdrag, bevestig ons dat ons Hom liefhet en dat Hy daadwerklik saam met ons is.”

Hul hoofbedieningsprojekte behels drie fokuspunte, naamlik evangelisasie, dissipelskap en sending.

Die Van der Collf’s wil jou uitnooi om saam met hulle in diens (bediening) van die Here betrokke te raak. Moontlik kan jy dit saam met hulle doen. Hier is ‘n paar opsies:

  • Bid gereeld – as jy nog nie ons nuusbrief ontvang nie, kan hul webtuiste besoek vir verdere inligting.
  • Finansiële bydrae – as die Here dit op jou hart lê, kan jy hul bediening ondersteun deur ‘n finansiële bydrae te maak.

Besoek gerus hul webtuiste vir verdere inligting oor hierdie bediening: https://ua4u.weebly.com/

Indien jy verder betrokke wil word, kontak gerus vir [email protected].