Pase

Pase

Dit is Opstandingstyd

Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid.
1 Kor 5:7–8

Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.
Rom 6:9–11

Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur ’n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ’n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.
1 Kor 15:20–22

Jesus het opgestaan!

Hier in die Pase, die Opstandingstyd, word ’n mens noodwendig weer gekonfronteer met die vraag: Hoe dink jy oor die opstanding van Jesus?
Ek is nie ’n Nuwe Hervormer nie. Ek is ook nie iemand wat die feitelikheid van Jesus se opstanding hoegenaamd wil verwater of enige vraagtekens daaroor wil hang (soos skynbaar mode geword het by sommige moderne teoloë) nie. Ek glo dat Jesus leef, nie net in gees nie, en dat Hy ná sy opstanding ’n liggaam gehad het (en steeds het) waaraan mense kan vat. Hy het immers vir Tomas genooi om sy vingers in sy wonde te kom druk, en vis geëet om vir sy dissipels te wys dat Hy nie ’n gees of blote verskyning is nie. Hy het ook vir Maria Magdalena gesê sy moet Hom nie vashou nie, toe sy voor sy voete neergeval het op daardie heel eerste Paasmôre.

Lees verder: Jesus het opgestaan!

Wanneer vier ons Paasfees?

altPaasfees is die heel belangrikste Christelike fees, want dan herdenk ons die kruisiging en opstanding van ons Here Jesus. Die datum waarop dit gevier word, wissel elke jaar, omdat dit in die Christelike kerke elke jaar op ’n Sondag gevier word, en omdat die datum nie deur die (gewone) Gregoriaanse kalender bepaal word nie, maar deur die maansiklus; Paasfees word op volmaan gevier.

Lees verder: Wanneer vier ons Paasfees?

Die Here het opgestaan!

altPaasfees is die een gebeurtenis wat ons geloof sin gee. Sonder Christus se opstanding maak ons geloof nie juis sin nie. Paulus skryf in 1 Kor 15:17-20: "... as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons

Lees verder: Die Here het opgestaan!

Pase

WAT IS PASE?
Pase is die hoogtepunt van die kerklike jaar wanneer ons die opstanding van Jesus Christus uit die dood herdenk. Alles wat ons doen, herinner ons daaraan dat hierdie die klimaks van die hele jaar is vir die gelowiges. Dit is byna asof die gelowiges op hierdie dag nie genoeg kan kry van die viering van die oorwinning nie, en daarom strek die viering van die opstanding oor vyftig dae.

Lees verder: Pase