Uiteindelik het 2010 aangebreek: die groot jaar van die wêreld-sokkerbeker. ’n Mens is half verlig dat die lang wag amper verby is. Nie dat ek groot verwagtings vir Bafana Bafana koester nie! Dalk wens jy die jaar was al om, sodat jy met jou lewe kan aangaan en die land na normaliteit kan terugkeer en ’n slag kan fokus op ander prioriteite as sportstadions en infrastruktuur en beveiliging van besoekers.
By Toringkerk is ons nie heeltemal oor die kop geslaan met daardie ronde bal met die kolle op nie. Vir ons is 2010 om ’n heel ander rede ’n baie belangrike jaar. Vanjaar gaan ons in diepte besin oor maniere hoe ons ons roeping in die praktyk gestalte kan gee. Ons het op drie fokusareas besluit, waar ons glo God reeds aan die werk is en waar ons medewerkers van Hom kan wees om ’n verskil in die Koninkryk te maak:
  • Op reis na die koninkryk van God
  • Afhanklikheid van die Heilige Gees
  • Gebruike wat iets van God se wil vir die wêreld sigbaar maak
Dié drie fokus-areas moet vanjaar só in ons gemeentelike lewe geïntegreer word dat alles wat ons doen, iets daarvan weerspieël. Om dit reg te kry, gaan ons verskillende diensgroepe saamstel wat oor die praktiese implikasies van ons roeping kan nadink. Jy is welkom om hierby