Toringkerk hou elke Sondag 3 eredienste:

  • Ons hoof-erediens op Sondae is om 9:30. Hierdie diens is vir almal bedoel: volwassenes, tieners en kinders.
  • Ons het ook elke week 'n erediens by Rusoord Tehuis vir Bejaardes. Dié diens by Rusoord is ook om 9:30.
  • Saans om 18:30 is daar 'n informele erediens vir jong werkendes en almal wat jonk van gees is. Dié diens is in die boonste kerksaal.