Wat 'n heerlike voorreg om 'n baba te mag hê, en die troos dat God by jou kind betrokke is, te mag beleef!

Ons het nie 'n vaste Doopsondag elke maand nie. Voornemende doopouers skakel die kerkkantoor om 'n geskikte datum vir die doop te bespreek, of kontak die predikant wat hulle verkies.

Ouers moet hulle ID-boekies en die baba se registrasiebewys, asook 'n voltooide doopaansoekvorm (hieronder beskikbaar) by die kerkkantoor ingee asb.

Attachments:
Download this file (Doopaansoekvorm.pdf)Doopaansoekvorm[Vul dié vorm in as julle julle baba vir laat doop en besorg dit by die kerkkantoor.]109 kB